Harcourt House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Harcourt House bied bed en ontbyt. Dit is in die voorstad Westville, in Durban geleë. Dié gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagplek, naby verskeie geriewe.

Harcourt House bied verblyf in 4 slaapkamers, wat uniek en smaakvol versier is. Dié kamers is ingerig met 'n dubbelbed óf 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kamers het ook lugversorging, gratis WiFi, 'n plafonwaaier, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe.

Ontbyt word in die eetarea bedien en 'n heerlike aandete kan teen 'n ekstra fooi bespreek word. Die luukse plaashuis het ook 'n onthaalstoep waar skemerkelkies geniet kan word. Daar is ook 'n randvloeiswembad in die netjiese tuine.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. Harcourt House is 5 tot 10 minute se ry van Varsity College, Westville Country Club, The Pavillion Shopping Centre, Life Westville Hospitaal en ander geriewe.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Harcourt House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 210 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za