Hardekool 2505

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hardekool 2505 is 'n vakansiehuis in die ongerepte bosveld in Marloth Park, wat aan die Kruger Nasionale Park grens.

Hierdie grasdakhuis beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed wat lei na 'n buite ontspaningsarea en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook lei na 'n balkon. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met twee yskaste-vrieskaste, mikrogolf, gasstoof, oond, breekware, eetgerei, asook 'n wasgoedmasjien. Die sitkamer het leerbanke en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt,
maar gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart saambring. Die etensarea het sitplek vir 6 gaste.

Buite is daar 'n patio met braaigeriewe. Hier kan gaste oor die bosveld uitkyk en verskeie wild en voëls van naby af sien. Let asb. op dat die huis nie sy eie swembad het nie. Gaste is egter welkom om van die swembad in die park gebruik te maak, dit is net 5 minute van hier af. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar teen ekstra kostes.

Doendinge in die park sluit 'n uitstappie langs die Krokodilrivier (slegs 500 m weg van die huis) en verskeie uitkykpunte in waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet. Die Krokodilbrug-hek is net 14 km weg en daguitstappies in die Krugerwildtuin kan gereël word. Daar is soggens kort begeleide voetslaan-uitstappies in die Krugerwildtuin of wildkyk-ritte in die aand. Verskeie ander toeristebestemmings sluit die Baberton-geologiese terrein en Blyderivier Panoramaroete, asook Swaziland en Mozambiek in.

Gaste moet vir 'n minimum van 3 nagte bespreek.

Slaapplek

'n Bespreking by Hardekool 2505 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hardekool 2505 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za