Hart en Bos Strandhuis

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 13 Julie 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Hierdie bekoorlike selfsorgwoonstel is in Hartenbos, net buite Mosselbaai geleë. Hart en Bos Strandhuis bied gerieflike verblyf vir alle gaste wat die kusdorpie Mosselbaai in die Wes-Kaap besoek.

Die woonstel is goed toegerus en het 3 ruim slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad. 'n Bababedjie is beskikbaar vir babas. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n gedeelde badkamer met 'n stort. Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die sitkamer het 'n eetkamerstel, dubbelslaapbank, 3 enkelrusbanke en 'n TV, en lei na die balkon met 'n plastiektafel, stoele en 'n Weber-braai. DStv is teen 'n addisionele koste beskikbaar. Die eenheid kan met gemak 6 volwassenes akkommodeer en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer vir 2 kinders.

Daar is 2 veilige kelderparkeerplekke beskikbaar. Gaste is welkom om van die gemeenskaplike braai en swembad gebruik te maak. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

George se lughawe is net 30 minute se ry van ons af en verskeie ander doendinge is slegs 'n uur se ry van die woonstel af. Die Kango-grotte, Knysna, Diaz-museum en -hawe en 'n aantal wildplase is nabygeleë. Daar is ook 'n swemstrand, watersport, visvang, bekende roetes, kinderpret en voetslaanroetes beskikbaar en gaste kan die besienswaardighede in die area verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Hart en Bos Strandhuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hart En Bos Strandhuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 R1 085 per nag (vir 8 mense)

Kry 30% af vir verblyf voor 13 Julie 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za