Harteliefhuisie

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Harteliefhuisie bied puik verblyf vir 4 mense op Verloren Wildplaas 14 km vanaf Bela-Bela.

Die kothuis is gerieflik ingerig en het 'n hoofslaapkamer en 'n solderkamer: Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die solderkamer. Die twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort en linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, en 'n tweeplaat-gasstofie. Gaste kan heerlik ontspan in die woonkamer wat oopmaak op die patio. Die kothuis het ook 'n boma met braaigeriewe. ‘n Privaat swembadjie is langs die kothuis vir daardie warm somerdae. Die plaas is omhein en daar is 24 uur-sekuriteit.

Heelwat doendinge dinge, soos stap, fietsry, voëlkyk, fotografie en selfry-wildritte, is beskikbaar op die plaas. Hou jou oë oop vir die koedoes, rooibokke, kameelperde, rooihartbeeste, sebras, en blouwildebeeste wat op die plaas wei. Soms sien mens selfs 'n erdvark of 'n hiëna in die nag. Verskeie voël- en boomspesies kom ook op die plaas voor.

Harteliefhuisie is gemáák vir 'n bosveldwegbreek ver van die stad se geroesemoes af.

Slaapplek

'n Bespreking by Harteliefhuisie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Harteliefhuisie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R808 per nag (vir 4 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za