Hartenbos Estate 16
Kry 20% af. Geldig vanaf 1 Mei 2021 tot 31 Aug 2021.
- Kapasiteit: 7 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hartenbos Landgoed, Eenheid 16, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 850R1 480 per nag (vir 7 persone)
Beskrywing
Hartenbos Estate 16 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis met 3 slaapkamers en 'n solderkamer op 'n sekuriteitslandgoed met 24 uur-sekuriteit in Hartenbos. Dit is ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin.
Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n solderkamer, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die ingeboude braai-area word met die kombuis verbind wat oor 'n opdienblad beskik. Die braai-area lei na 'n patio wat eindig waar die privaat tuin begin, dit verseker gaste se privaatheid.
Die eerste hoofslaapkamer is op die grondvloer en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede hoofslaapkamer is ook op die grondvloer en beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n spieëltafel, TV, DVD-speler en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 'n koningingrootte-bed. Die solderkamer is ook op die boonste verdieping en beskik oor 'n enkelbed. Die derde en solderkamer deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei, asook 'n mikrogolfoond, elektriese stoof en oond, elektriese braaipan, ketel, broodrooster, asook potte en panne. Die waskamer langsaan het 'n outomatiese wasmasjien, tuimeldroër, droograk, strykgeriewe en 'n yskas-vrieskas en skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n plasma-TV met DStv Premium. Daar is 'n skoonmaakdiens een keer 'n week en vars linne en handdoeke word voorsien. Die skoonmaker sal ook die vloere en badkamers skoonmaak.
Die landgoed word deur duine wat met luisterryke plantegroei bedek word, omring en bied 24 uur-toegangsbeheer wat gaste se veiligheid verseker. Daar is ook 'n gimnasium wat privaat bestuur word, 'n gemeenskaplike swembad, 2 trampoliens en klimrame vir die kinders op die landgoed. Die strand is 10 minute se stap ver, al langs die treinspoor en af by die duin. Hartenbos se middedorp en hoofstrand is sowat 3,2 km en die Langeberg Mall is net 6 km vanaf die landgoed.
Slaapplek
’n Bespreking by Hartenbos Estate 16 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Nagportier
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hartenbos Landgoed, Eenheid 16, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Hartenbos Estate 16 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hartenbos Landgoed, Eenheid 16, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom