Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hartenbos Strandhuis

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Hartenbos Strandhuis is in Hartenbos reg langs die amfiteater geleë en bied gemaklike slaapplek streng aan slegs 11 gaste (kinders ingesluit). Dit is ideaal vir 2 gesinne met kinders. Ons verwelkom graag alle gaste, maar matriek- en studentegroepe kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Dit is 'n lieflike huis wat beskik oor 5 slaapkamers met 'n bykomende kamer en badkamer apart van die huis. Die 11de slaapplek is dus apart van die hoofhuis. In die hoofhuis is 2 van die slaapkamers met dubbelbeddens ingerig. Die ander 3 slaapkamers is elkeen ingerig met 2 enkelbeddens. Die aparte kamer het ook 'n enkelbed. Al die slaapkamers het ingeboude kaste. In die kamers is bedlampies voorsien met herlaaibare gloeilampie wat tydens beurtkrag aanbly.

Die 2 badkamers word tussen al die kamers gedeel: die eerste badkamer is in die hoofhuis geleë en die tweede een is 'n en suite-badkamer in die aparte buitekamer. Die eerste badkamer is met 'n stort en 'n bad ingerig en die ander een het 'n stort. Die tweede badkamer het ook sy eie aparte ingang, sodat al die gaste dit kan gebruik. Die 2 badkamers het herlaaibare gloeilampe wat tydens beurtkrag aanbly.

Hartenbos Strandhuis voorsien geen beddegoed (lakens, duvets en kussings) of handdoeke nie. Gaste moet asseblief hul eie saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n aparte diepvrieskas toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Alle breekware, eetgerei, braaibakke, potte en panne sowel as opdienbakke en messegoed word voorsien. Bekers en glase vir koeldrank, wyn en ander drank asook 'n braaipotjie en braaitange word voorsien. Daar is ook 'n gasplaat met ekstra gaskanne om tydens beurtkrag te gebruik.

Die eenheid het 3 waaiers en gedurende die koeler maande word warmwatersakke voorsien.

Die eetkamer het sitplek vir 11 gaste en daar is ook 'n sitarea met 'n TV en die volle DStv-pakket. Die leefareas het ook herlaaibare gloeilampe wat aanbly tydens beurtkrag en daar is ook 'n beurtkragmandjie met 6 herlaaibare lampies wat volgelaai sal wees met aankoms. Daar is 'n klein omsetter wat die TV sal aanhou tydens beurtkrag en waarmee selfone gelaai kan word.

Braaigeriewe is beskikbaar met 'n rooster en 'n braaipotjie. Die erf is omhein en daar is 'n groot grasperk aan die voor- en agterkant waar kinders veilig kan speel. Veilige parkeerplek is binne die erf beskikbaar. Daar is 2 huise op die erf.

Hartenbos Strandhuis is net 'n kort entjie se stap van die naaste strand af (400 m) en ook naby restaurante, 'n swembad, mini-gholf en waterpark (600 m).

Geen groot partytjies insluitend hen- en rampartytjies of 21ste verjaarsdagvieringe word toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Hartenbos Strandhuis sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie
  • Videospeler

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 42 resensies vir Hartenbos Strandhuis
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hartenbos Strandhuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2bb1787ad893221446af45e805604cde4c6f1214afd46f30151591ca3a1606a0b9327fd9d996b415c6810cd68265bb365a8b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag (plek vir 11) 42 5 1 5 1a Sandrivier Street Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.121322217667 22.117114914017