LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Haven | LekkeSlaap
+14

Haven

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteastraat 16, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 640 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Haven is 'n selfsorg-vakansiehuis in Witsand en is minder as 500 m van die Blouvlagswemstrand af. Dié houthuis het 'n groot dek aan die voorkant wat gedeeltelike see-uitsigte oor die baai bied en is die ideale plek om te lees of in die son te ontspan. Ontbyt en skemerkelkies kan ook hier geniet word.

Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes of 4 volwassenes en 4 kinders. Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die kamer bied ook toegang tot die dek deur Franse dubbeldeure. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die leefarea lei na die slaapkamers en het 'n badkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel.

Die kombuisdeur lei na die braai-area via 'n stel trappe. Daar is ook onderdak-sitplek. Wasgoedgeriewe is ook beskikbaar vir gaste wat langer bly.

Slaapplek

’n Bespreking by Haven sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Haven
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Proteastraat 16, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink Haven het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 640
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R1 640
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteastraat 16, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKxieAq03iVmJazOPgGKbcIOhiCsBfEG766mAZTHjdnklFyNfw4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 640  per nag (vir 8 persone) 1 5 1 5 16 Protea Street Witsand 6666 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.394191938976 20.856556669975
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!