Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Haven of Peace & Garden Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roome-straat 16, Onrusrivier, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Haven of Peace & Garden Cottage bied verblyf in 2 eenhede wat grens aan die hoofhuis, elke met 'n privaat ingang. Die eenhede is in 'n stil deel van Onrus, naby die see.

Die Tuinkothuis is geskik vir 4 gaste en het 'n groot slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die leefarea. Die badkamer het 'n dubbelstort en die kombuisie is met 'n yskas, stoof, mikrogolf, oond en ander basiese toerusting toegerus. Daar is ook 'n onderdakstoep met 'n etenstafel vir 8, asook 'n bank en koffietafel. Die stoep het 'n uitsig oor die tuinpoeletjie en spog ook met braaigeriewe en 'n wasbak met warme en koue water. Parkeerplek word op die perseel agter 'n afstandbeheer hek vir 1 voertuig voorsien. Die eenheid is geskik vir 'n gesin met 1 of 2 kinders.

Haven of Peace is 'n eenheid wat geskik is vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n dubbelstort. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, induksie-kookplaat, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is parkeerplek in die straat met goeie beligting, maar gaste kan met die eienaar reël indien hulle oornag op die perseel wil parkeer. Die eenheid se stoep het 'n etenstafel vir 4, braaigeriewe en daar is 'n wasbak met warm en koue water.

Elke eenheid het DStv Premium en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Onrus is 'n rustige dorpie, slegs 'n paar kilometer van Hermanus af, met 'n pragtige sandstrand en strandmeer. 'n Kort entjie se stap neem gaste na die Davie's-getypoel, waar gaste op die grasperk kan swem of piekniekhou. Gaste kan ook die kuspaadjie om die Onrus-skiereiland neem om die strand te bereik. Al die basiese geriewe is beskikbaar, insluitend 'n supermark, vulstasie, apteek, hardewarewinkel, dokters, fiksheids- en welstandsentrums, haarsalonne, kroeë en restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 39 resensies vir Haven of Peace & Garden Cottage
Netheid
4.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.2/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Cornelia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Jaar gelys 10

Ligging

  • Roome-straat 16, Onrusrivier, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Haven of Peace & Garden Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Onrus Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roome-straat 16, Onrusrivier, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA451cb4221231ad2f212038b5182c751126d8326d9361d05fc1c00b5461c90fba25da74fd0b83f5bd7872d0ea8f5d811a8cd1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 16 Roome Street Onrus River 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.41378 19.16482
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem