Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hawerland

  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hawerlandplaas, Hawerland, Graafwater, 8120, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hawerland is op 'n plaas in die Graafwater-area tussen Clanwilliam en Lambertsbaai. Ons bied topgehalte-verblyf, ideaal vir 'n sorgelose wegbreek in die natuur. Die eenhede het nie elektrisiteit nie, so dit is perfek vir wanneer jy wil wegkom van tegnologie af. Daar is wel warm water beskikbaar.

Daar is 2 selfsorgkothuise op die plaas en elkeen het slaapplek vir 4 gaste. Daar is ook 6 karavane waarvan 2 elk 3 gaste kan huisves en die ander 4 kan elk 4 gaste huisves.

Elke selfsorgkothuis het 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die eenhede is ten volle toegerus met eetgerei, breekware en beddegoed. Daar is 'n geiser, 'n yskas en 'n stoof wat elkeen met gas werk. Die ligte werk met sonpanele.

Die karavane het elk 'n aparte kombuisie en 'n badkamer met 'n stort. Hulle maak ook gebruik van gas- en sonkrag.

Die kothuise en die karavane is op die plaas. Daar is 'n privaat braai-area by elk van die eenhede en vuurmaakhout is teen 'n ekstra koste op die plaas beskikbaar.

'n Gemeenskaplike swembad is beskikbaar vir gaste en daar is ook voetslaanpaaie vir diegene wat in die berge wil gaan stap. Kom kuier gerus gedurende die blomseisoen wanneer die plaas die ideale plek is om die prag van die Namakwalandse blomme te aanskou.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 81 resensies vir Hawerland
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Roedolla Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 81

Jaar gelys 8

Ligging

  • Hawerlandplaas, Hawerland, Graafwater, 8120, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hawerland het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sederberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hawerlandplaas, Hawerland, Graafwater, 8120, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGzzZDs3do95n5PBQD1yrgic8KVRPZd31rt60da64RO0UVeMZGF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 81 5 1 5 Hawerland Farm Hawerland 8120 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.258548676441 18.692837655544
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem