Haweweg 5

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Haweweg 5 is 'n selfsorghuis sonder fieterjasies. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat Struisbaai wil besoek. Dit is stapafstand van Hoofweg en die waterkant af en dit is ideaal vir aktiwiteite gedurende die dag. Dit is sowat 50 m van die hawe af.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is slaapplek vir 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke kamer het sy eie TV en linne word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n kisyskas, stoof, mikrogolfoond, ketel, skottelgoedwasser en wasmasjien vir ekstra gerief. Die kombuis lei na die eetarea met 'n etenstafel vir 6. Die sitkamer het baie sitplek, 'n platskerm-TV en 'n klanksisteem. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder of -slimkaart saambring.

Die ommuurde stoep het 'n binnebraai en skuifdeure na 'n dek in die skaduwee.

Maak gerus 'n draai by een van die restaurante en die kafee by die waterkant - laasgenoemde is stapafstand van Haweweg 5 af. Struisbaai is ook bekend vir al die doendinge wat hier te vinde is, soos visvang, perdry, stap, verfbal, vierwielmotorfietsry en duik.

Slaapplek

'n Bespreking by Haweweg 5 sluit in:

3 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Haweweg 5 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za