Head Road Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Head Road Home bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike drieverdiepinghuis bo in Fresnaye. Gaste kan asemrowende see-uitsigte van oral in die huis geniet.

Dié huis beskik oor 4 en suite-kamers en het slaapplek vir 8 gaste. Elk van die 3 verdiepings het sy eie sitarea en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die grondverdieping het 1 slaapkamer met 'n ekstra-lang koninggrootte-bed. Die grondverdieping het 'n groot sitarea, asook 'n oopplan-kombuis, -waskamer en -wasgoedkamer. Hierdie verdieping lei na 'n groot stoep met braaigeriewe en genoeg stoepmeubels. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, koffiemasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus.

Die eerste verdieping het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra-lang koninggrootte-bed, die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 'n dubbelbed. Die huis het WiFi, lugversorging, 'n kaggel, badhanddoeke, linne en verwarmers.

Die huis het 'n lieflike swembad en area buite waar gaste kan ontspan en die mooi uitsigte geniet. Die ligging bied toegang tot Clifton se strande, Kampsbaai, Bantrybaai, Seepunt se promenade en die V&A Waterfront.

Slaapplek

'n Bespreking by Head Road Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Head Road Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R11 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za