Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Headlands House Guest Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Coney Glen-rylaan 50, The Heads, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 540 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Headlands House is 'n luukse 4-ster-lodge op die hoogste punt van die bekende Knysna-koppe!

Headlands House se dramatiese ligging bied asemrowende uitsigte. Die panoramiese uitsig oor die Knysna-strandmeer en die Outeniekwaberge sal jou gaande hê!

Headlands House word al vir meer as 11 jaar deur 'n bekwame, professionele span bestuur. Afgesien van ons pragtige ligging, sal jy ook reeds met die intrapslag op die hande gedra word. Ons deel mildelik raad en bespreek wonderlike daguitstappies, uitstekende restaurante en gholfbane.

Dié huis het 6 luukse en suite-kamers met privaat balkonne wat uitsigte op die majestueuse bergkoppe, die kragtige Indiese Oseaan, die sprokiesmooi Knysna-strandmeer en die Outeniekwaberge bied. Kraakvars katoenperkallinne word voorsien en die antieke meubels is met die die hand uitgesoek. Dié luukse gastehuis spog met 'n privaat sitkamer, 'n kroegie en 'n uitsonderlike swembad op die randjie van 'n krans. Die uitkykdek onder die swembad is die perfekte plek om die asemrowende uitsigte te bewonder terwyl jy aan 'n glasie vonkelwyn teug.

Daar is tientalle doendinge rondom Headlands House. Gaan speel gerus 'n potjie gholf by die Knysna-, Simola- en Pezula-gholfbaan. Daar is ook tientalle strande hier naby waar 'n mens lekker kan stap en swem. Buffelsbaai, Brenton on Sea en Leisure Isle is net af met die bult. Sluit 'n lekker rustige dag af met 'n bootrit op die Knysna-strandmeer en geniet die asemrowende sonsondergang.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 39 resensies vir Headlands House Guest Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Coney Glen-rylaan 50, The Heads, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Headlands House Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 540
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 540
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Coney Glen-rylaan 50, The Heads, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgt5uyT6XZBpt2VgIuF2G8Rb50effx4yByeZnxzNwnIV4oZlOf3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 540 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 50 Coney Glen Drive The Heads 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.078288870265 23.064109907733