Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Heaven On Vaal

Selfsorg
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Diamond Cove 1, Vaaloewerlaan, Vaaloewer, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Heaven On Vaal is aan die oewer van die Vaalrivier geleë, net 'n uur se ry van Johannesburg af. Sit rustig op jou stoep of vaar 'n entjie met die rivier af en maak kennis met voëllewe, die visse wat uit die water spring en die kolganse wat verbydryf.

Die Cottage Family Unit bied slaapplek aan 3 volwassenes, of 2 volwassenes en 2 klein kinders. Dit is 'n eenslaapkamer-eenheid met 'n dubbelbed en slaapbank (met plek vir 1 volwassene of 2 kinders) in die oopplan-kombuis/-sitkamer. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Hierdie eenheid is effens verder van die rivier en ander akkommodasie af met 'n lieflike uitsig op die rivier. 'n Stoep en braaiplek is beskikbaar.

Sky en Sunrise is 2 identiese eenslaapkamer-eenhede wat elk slaapplek aan 4 gaste bied. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die eenhede het ook 'n oopplan-kombuis en -sitkamer met 2 enkeldagbeddens. Die eenhede deel 'n balkon, maar het elk 'n privaat braai.

Lavender is ook 'n gesinseenheid, maar is geskik vir paartjies. Daar is 2 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer met 'n stort, en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer met 1 dubbelslaapbank en 1 dagbed. Een van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 'n koninggrootte-bed. Die eenheid is volledig toegerus vir selfsorg met slaapplek vir tot 7 mense wat deel. Die eenheid het 'n groot balkon met braaigeriewe.

Fisherman's Delight is 'n gesinseenheid wat geskik is vir 2 volwassenes en 1 kind. Een slaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, sowel as 'n oopplan-kombuis en -sitkamer met 'n dubbelslaapbank. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n groot balkon met braaigeriewe en die eenheid is die naaste aan die water. Die Thatch-eenheid is teen die water en het slaapplek vir 6

Elke kombuis het 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas, oondjie en tweeplaatstoof. Eetgerei, breekware en beddegoed word voorsien. Daar is plafonwaaiers en verwarmers. Onthou asb. melk, kos, opwasmiddel, toiletpapier houtskool en blits vir jou braai. Bring ook asb. gaslampe vir visvang in die aand of vir beurtkrag.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.4 uit 5van 9 resensies vir Heaven On Vaal
Netheid
3.4/5
Diens
3.4/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
3.6/5
Waarde vir geld
2.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.4/5

Lynne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Jaar gelys 9

Ligging

  • Diamond Cove 1, Vaaloewerlaan, Vaaloewer, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
  • Gaste dink Heaven On Vaal het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vanderbijlpark Gauteng
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Diamond Cove 1, Vaaloewerlaan, Vaaloewer, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ0YzE5Y2EwLTE5MGUtNGY1ZC04YWY0LTAzMzdkZTQxYjlmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 9 5 1 4 1 Diamond Cove Vaaloewer Avenue, Vaaloewer 1911 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.735731947663 27.60786741972
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem