Heilfontein Log Cabin

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Heilfontein Log Cabin is 'n selfsorg-houthut op 'n privaat plaas in die Hemel-en-Aardevallei, slegs 7 km van Tesselaarsdal af, 'n klein, skilderagtige dorpie in die Wes-Kaap. Dit is die perfekte wegbreekplek vir gaste wat op soek is na ontspanne, gemaklike en landelike akkommodasie, ver weg van die stad se rumoer.

Die houthut het 3 slaapkamers en 1 badkamer en is volledig gemeubileer. Twee van die kamers is toegerus met 'n dubbelbed en die derde kamer met 2 enkelbedden. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas en mikrogolfoond, 'n oond en stoof en ingeboude kaste om breekware en eetgerei te stoor. Verdere toestelle is ook ingesluit.

Die oopplan-eetarea en -sitkamer beskik oor gemaklike rusbanke en 'n groot TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook 'n groot kaggel wat ook as binnebraai kan dien. Gratis WiFi is ook in die huis beskikbaar. Die dek bied beeldskone uitsigte van die omliggende omgewing. Gaste is ook welkom om hul troeteldiere saam te bring.

Die eenheid is omring deur eikebome. Gaste kan swem in die rivier en daar is 'n foreldam waar gaste hulle lyne kan natmaak. Verder is daar ook heerlike bergfietsroetes in die area. Heilfontein is 23 km van Caledon en 40 km van Hermanus geleë. Daar is verskeie wynplase en goeie restaurante, almal binne 'n radius van 30 km van ons af.

Slaapplek

'n Bespreking by Heilfontein Log Cabin sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Heilfontein Log Cabin gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za