LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Helios Place | LekkeSlaap
+12

Helios Place

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mykonos-toegangspad, Mykonos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Helios Place is 'n bekoorlike vakansiehuis in 'n kompleks in die kusdorp Langebaan. Die ouwêreldse strandmeerdorpie bied 'n ideale basis vanwaar gaste die Weskus en die uitstekende besienswaardighede van die omgewing kan verken.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Daar is 'n slaapbank in die sitkamer. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien en kooktoebehore. Ander geriewe sluit 'n TV, DStv, 'n braai-area en veilige parkeerplek in.

Besienswaardighede en doendinge sluit Langebaan se strandmeer, Laguna Mall, Club Mykonos Casino, Weskus Nasionale Park, swem, waterponiery, duik, vlieërbranderry, visvang en kajakvaart in.

Slaapplek

’n Bespreking by Helios Place sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir Helios Place
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Mykonos-toegangspad, Mykonos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Helios Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mykonos-toegangspad, Mykonos, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxxZLzfbyuN0ONX5E4sKOY8pPbIqD2TdZkLMmMuHLzlKl7erklp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 Mykonos Access Road Mykonos 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-20:00 10:00 -33.049037612153 18.049081492736
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!