Henta Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Henta Guesthouse is 'n pragtige, ongekunstelde sandsteengebou met unieke binnehuisversiering. Dié gastehuis is op 'n plaas langs die R51 tussen Grootvlei en Balfour, Mpumalanga geleë en bied bekostigbare verblyf in 5 en suite-kamers. Dit is naby die Eskom-kragsentrale geleë (geen grondpaaie).

Elke kamer het sy eie voordeur, en beddegoed en handdoeke word voorsien. 'n Mikrogolfoond, yskas, TV en koffie- en teemaakgeriewe is ook by elke eenheid ingesluit. Daar is onderdakparkeerplek reg voor die deur en buitebraaigeriewe wat gaste gerus kan gebruik.

Kamer 1 het 'n dubbelbed en 'n enkelbed.
Kamer 2 het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens.
Kamer 3 en 4 het elkeen 'n dubbelbed.
Kamer 5 is selfsorg met 'n dubbelbed en 'n enkelbed.

Daar is geen grondpaaie nie en heerlike geregte kan op versoek in gaste se kamers bedien word.

Kom kuier by ons as jy rus en vrede soek, of net 'n plekkie wat 'n bietjie anders is. Ons is gerieflik naby 'n Eskom-kragstasie en die Burnstone Gold Basin-myn geleë indien jy daar moet wees vir besigheid, en daar is 3 gewilde trou-venues in die omgewing. Ons deel graag ons plaas met jou!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Henta Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za