Herolds Bay Resort
Beskrywing
Herold's Bay Resort is naby die vakansiedorpie, Heroldsbaai, 15 km van George, 6 km van George se lughawe en 'n klipgooi van die Oubaai Gholf-oord af. Dit is op Buffelsfontein Plaas geleë en bied 'n wonderskone uitsig oor die Indiese Oseaan en woude, met die silhoeët van Mosselbaai in die agtergrond. Dit is al as die versteekte juweel van die Tuinroete beskryf.
Die opstal is gerestoureer, opgeknap en omskep in 'n selfsorggastehuis met 4 privaat suites. Drie van die suites het 'n hoofslaapkamer en 'n leefkamer met 'n opvou-slaapbank of dagbed waarop 2 ekstra gaste kan slaap. Die oopplan-suite het 'n pragtige uitsig oor die see van die slaapkamer af. Elke eenheid het 'n privaat ingang, 'n goed toegeruste kombuis, OVHD-dekodeerders en daar is 2 braai-bomas buite vir groter groepe. Dit is die ideale plek vir 'n familiereünie, gholfgroep of selfs 'n sakewegbreek.
Die oord het 2 verskillende trou- en funksielokale, Down to Earth en The Bush Lapa. Down to Earth is ons eerste lokaal en dien ook as 'n restaurant wat bekend is vir sy uitstekende, plattelandse kookkuns. Dit is Dinsdae tot Vrydae tussen 08:30 en 15:00 oop, asook vir Sondagmiddagetes. The Bush Lapa is ons informele lokaal en is gedeeltelik in die buitelug met 'n kampvuur wat baie atmosfeer skep. Musiekvertongings word maandeliks hier gehou.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Herolds Bay Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |