Oupa se Pitte

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oupa se Pitte is 'n vakansiehuis wat uit 2 moderne en gerieflike selfsorg-eenhede bestaan. Dit is die derde huis vanaf die rotse en spog met uitstekende uitsigte en direkte toegang tot die strand. Elke eenheid het ’n balkon wat na die see front met ’n ingeboude braai.

Die eenheid op die eerste verdieping het slaapplek vir 8 gaste. Daar is 'n pragtige slaapkamer wat na die see front en oor 'n koningingrootte-bed beskik. Die gesinskamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed, ’n aparte ingang aan die agterkant en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook ’n bed vir 2 kinders in die leefarea. Die oopplan-leefarea lei na die balkon en bestaan uit 'n sitkamer met 'n TV met volledige DStv en 'n eetarea. Die kombuis is toegerus met al die nodige toebehore, insluitend 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas.

Die eenheid op die grondverdieping het slaapplek vir 6 gaste. Daar is 'n pragtige slaapkamer wat na die see front en oor 'n koningingrootte-bed beskik. Die ander 2 kamers het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers, 'n volledige badkamer met ’n bad, stort, wasbak en 'n toilet in die eenheid en 'n tweede badkamer buite met ’n stort, toilet en 'n wasbak. Die oopplan-leefarea het 'n sitkamer en 'n eetarea met pragtige stapeldeure. Die kombuis is toegerus met al die nodige toebehore, 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV met volledige DStv.

Die eenhede deel 'n agterplaas met 'n opwaskamer waar daar ’n wasmasjien, tuimeldroër, ekstra vrieskas en ’n buitestort is om die seesand af te spoel.

Oupa se Pitte is in die hartjie van die pragtige Tuinroete met sy ongerepte natuurskoon wat sand, see, son, riviere, berge, mere, grotte en woud insluit. Hierdie skilderagtige, beskutte baaitjie betower menige vakansiegangers. Die George Museum bevat sketse en foto's wat vertel hoe ossewaens met tente, goedere en knegte op die strand gekamp het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oupa Se Pitte gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za