Heron House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Heron House is in Port Owen aan die pragtige Weskus geleë. Hier kan gaste luukse selfsorg-akkommodasie geniet met asemrowende uitsigte oor die vleiland en die Bergrivier.

Die gastehuis skep 'n rustige en ontspanne atmosfeer, ideaal vir 'n wegbreek uit die stad se gejaag. Heron House bied 'n kombinasie van styl en warmte en is stapafstand van winkels, die hawe en die vleiland af. Dit is ook net 'n paar kilometer van die eindelose strande af.

Heron House bied slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetkamer. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer vir 'n ekstra kind. Die gerieflike sitkamer het ook 'n kaggel en 'n platskerm-TV (HD) met DStv. Daar is 'n lieflike volledig toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, 'n oond en 'n stoof.

'n Dubbelmotorhuis bied veilige parkeerplek in die skaduwee en daar is 'n vertrek langs die huis waar 'n bootsleepwa gebêre kan word. Die stoep het 'n afdak en is aan die huis se westekant geleë met 'n ingeboude braai. Hier kan gaste ongelooflike sonsondergange eie aan die Weskus geniet.

Let asb. op: Dit is 'n stil omgewing langs 'n sensitiewe vleiland, so geen partytjies, harde geraas, of troeteldiere word toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Heron House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Heron House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 599 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false