LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Heron Loop Self-catering House | LekkeSlaap
+27

Heron Loop Self-catering House

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Herondraai 544, Chintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Heron Loop is 'n selfsorgvakansiehuis in Chintsa-Oos, 'n bekoorlike kusdorpie in die Oos-Kaap. Dit is sowat 40 kilometer noord van Oos-Londen en by die mond van die Chintsarivier geleë. Chintsabaai se ongerepte strand strek oor 15 km en dit is sonder twyfel een van die mooistes van sy soort aan die Suid-Afrikaanse kuslyn.

Die vakansiehuis bestaan uit 2 aangrensende privaat eenhede wat 'n groot dek met 'n beskutte braai-area deel. Die dek bied panoramiese uitsigte oor die see en die sonsopkoms en -ondergang. Die eenhede kan apart of saam gehuur word wat ideaal is vir 'n vakansiebestemming vir 2 gesinne.

Albei die eenhede het 2 slaapkamers wat op die onderste verdieping geleë is. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die die tweede badkamer het 'n stort en wasbak in die kamer. Die boonsteverdieping het 'n oopplan-kombuis, -eetarea, -leefarea wat lei na die gemeenskaplike dek-area. Daar is ook 'n toilet op die boonste verdieping. Die kombuise is volledig toegerus vir selfsorgverblyf met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Elke eenheid beskik oor wasgeriewe wat 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër insluit.

Linne en badkamerhanddoeke word voorsien. DStv en skoonmaakdienste is op versoek beskikbaar en teen 'n ekstra koste. Veilige parkeerplek, asook motorhuise wat kan sluit, word voorsien.

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Heron Loop Self-catering House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Herondraai 544, Chintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Gaste dink Heron Loop Self-catering House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Cintsa Wildekus Oos-Kaap
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Herondraai 544, Chintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFhZTNiNDc1LWQxZjItNDU3My05ZjU3LTZmMGI1ZmJkM2Q4ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 544 Heron Loop Chintsa East 5275 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.821062 28.112697
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!