HeronsRest Velddrif

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié manjifieke ou plaashuis en kothuis is aan die oewer van die Bergrivier in Velddrif geleë. HeronsRest Velddrif het moderne afwerkings en lê op 'n Weskus-plaas wat strek oor 6 hektaar. Dis die perfekte plek vir 'n ontspanne wegbreek aan die Weskus. Vanaf Julie tot middel-November kan gaste hul kom verkyk aan die inheemse veldblomme. Dis werklik 'n lushof vir natuurliefhebbers en voëlkykers.

Herons Rest is net buite Velddrif op die Piketberg-pad geleë en bied 'n egte Weskus-ervaring. Hiér sal jy rustigheid en privaatheid hê en daar is asemrowende uitsigte oor die Bergrivier.

Die gastehuis het 'n plonspoel, 'n lapa en 'n klimraam vir die jongspan. Daar is pragtige ontwerperstuine waar gaste lekker kan piekniek hou. Daar is 4 dubbelkamers in die gastehuis wat elkeen oor 'n en suite-badkamer beskik. Die aparte kothuis het slaapplek vir nog 5 gaste en daar is 'n gedeelde badkamer.

HeronsRest kan ook vir funksies, boetiek-troues, familiebyeenkomste en verjaarsdae bespreek word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na HeronsRest Velddrif gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za