Herzinger Boutique Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Herzinger Boutique Guesthouse is in Windhoek geleë en is ideaal vir gaste wat net wil oorslaap, vakansiegangers en sakereisigers.

Dié gastehuis bied kamers wat elk slaapplek vir 2 gaste het naamlik, Nook, Hideout, Vista, Sunset en Panorama. Die kamers het elk 'n koninggrootte- of 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer. Elke kamer het 'n TV met DStv, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak.

'n Ontbyt-buffet word elke oggend bedien en gaste kan ook die swembad gebruik. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Kinders moet asb. te alle tye onder toesig wees. Let wel dat daar nie in die gastehuis gerook mag word nie. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Windhoek bied verskeie restaurante en besienswaardighede soos die Tintenpalast Tuine, die Nasionale Botaniese Tuine en die Namibia Craft Centre vir onthougoed. Historiese besienswaardighede sluit die Helde Begraafplaas, die Christuskirche en die Independence Memorial Museum in. Besoekers kan ook voëls kyk, in die Avisdam Natuurreservaat voetslaan or 'n toer van die Katurura Informele Nedersetting onderneem.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Herzinger Boutique Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za