Hibernian Towers 1305

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hibernian Towers is een van die mees indrukwekkende woonstelblokke teen Strand se strandfront en bied asemrowende uitsigte oor Valsbaai. Die kompleks is 20 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, 30 minute vanaf die Kaapse middestad en naby Stellenbosch se mees gesogte wynplase.

Daar is slaapplek vir 6 gaste, 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas, wasmasjien, tuimeldroër en koffiemasjien in. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense in die eetarea. Die ruim sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv en pragtige, ononderbroke see-uitsigte. Die sitkamer lei na 'n privaat patio met sitplek.

Die woonstelblok bied 'n binnenshuise-swembad op die vierde verdieping en 'n volledig toegeruste gimnasium. Daar is direkte toegang tot die strand met 'n eindelose kuslyn wat ideaal is vir stap of hardloop. Gaste kan ook net luilekker langs die swembad ontspan. Daar is veilige parkeerplek in die kelder.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hibernian Towers 1305 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 594 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za