Hibernian Towers 412

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hibernian Towers is een van die mees skouspelagtige woonstelgeboue teen Strand se strandfront. Die woonstel bied ongelooflike uitsigte oor Valsbaai. Dis net 20 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, 30 minute se ry vanaf die Kaapse middestad en naby die gesogte Stellenbosch-wynplase.

Dié oopplan-eenheid het 'n koninggrootte-bed, 'n volledige badkamer en 'n moderne, volledig toegeruste kombuis. Daar is 'n Nespresso-koffiemasjien, maar gaste moet asseblief hul eie kapsules (pods) saambring. Linne en badhanddoeke word voorsien vir die duur van jou verblyf. Die eenheid het ook 'n TV met sekere DStv-kanale. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar teen ekstra koste.

Die woonstelblok het 'n binnenshuise swembad op die vierde verdieping en 'n volledig toegeruste gimnasium. Hierdie kompleks bied direkte toegang tot die strand met sy ellelange kuslyn, ideaal vir stap of hardloop. Gaste kan ook net luilekker langs die swembad ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Daar is heerlike doendinge in die omgewing beskikbaar waaronder stap langs die strand. Of besoek die plaaslike gholfbane en restaurante. Die Hibernian Towers-gebou is net 'n 20 minute-motorrit vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe, 30 minute vanaf die middestad van Kaapstad, en na aan verskeie bekroonde wynlandgoedere in Stellenbosch.

Slaapplek

'n Bespreking by Hibernian Towers 412 sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hibernian Towers 412 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 597 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za