Hibernian Towers 506

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hibernian Towers is 'n gebou met 22 verdiepings wat op die strandfront in die Strand naby Somerset-Wes geleë is. Dié gebou spog met die immergewilde strandrestaurant en -kroeg, The Casa Del Sol, en 'n knus koffiewinkel, The Cape Cafe.

Hibernian Towers 506 is 'n selfsorgwoonstel op die eksklusiewe vyfde verdieping en het 'n ruim, privaat daktuin. Die tuin bied 'n wye uitsig oor Valsbaai, die asemrowende Helderberge en die Hottentots-Hollandberge. Moet ook natuurlik nie ons skouspelagtige sonsondergange vergeet nie.

Hierdie drieslaapkamer-eenheid is volledig gemeubileer met gehalte meubels en beskik oor 2 badkamers. Die kombuis het 'n ingeboude oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien. Die sitarea het ondervloerse verhitting, 'n TV met volledige DStv, WiFi en gerieflike sitplek. Daar is ook privaat braaigeriewe en lugversorging in die woonstel.

Die onderste verdieping van die gebou het 'n koffiewinkel, 'n restaurant/kroeg, haarsalon, geriefswinkel en 'n spa- en gesondheidsentrum. Die vierde vloer van die gebou bied 'n gimnasium, 'n sauna en 'n binnenshuise swembad. Die bespreking sluit 2 veilige, privaat parkeerplekke in. Hibernian Towers bied 24 uur-sekuriteit en sekuriteitskameras.

Slaapplek

'n Bespreking by Hibernian Towers 506 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hibernian Towers 506 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za