High Barn Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

High Barn Cottage is 'n losstaande kothuis op dieselfde perseel as die eienaar se huis. Die perseel is aan die oostekant van Greyton se Hoofstraat wat bekend is vir groot eikebome, groot tuine en 'n rustige atmosfeer.

Die perseel is ideaal vir gaste wat die natuurreservaat wil besoek, die voetslaanroetes langs die rivier wil aanpak en dis ook net 'n paar minute se loop tot by die Saterdag-markie en die middedorp.

Die tuinkothuis is pas opgeknap, staan in die middel van 'n 3000 m²-tuin en het 'n lieflike berguitsig. Die kothuis bied verblyf aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed met 'n Sealy Posturepedic-matras, antieke meubels en 'n en suite-stort, -toilet en -wasbak. Daar is 'n kombuisie wat met 'n induksieplaat, yskassie, mikrogolf, ketel, rooster, eetgerei en breekware toegerus is.

Oban en Islay is 2 labradorhonde wat op die perseel in die tuin woon en sal graag saam met vriendelike honde wil speel.

Slaapplek

'n Bespreking by High Barn Cottage sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na High Barn Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za