High Tide 802

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Okt 2019 tot 22 Nov 2019.

Beskrywing

High Tide 802 is 'n selfsorgwoonstel met 'n 180°-uitsig oor die see in die High Tide-kompleks in Amanzimtoti, net 300 m vanaf die strand en visvangplekke. Dis ook naby verskeie restaurante, Splash Water World en Galleria mall met 'n ysskaatsbaan. Daar is ook 'n waterval naby die woonstel wat met 'n 4x4 bereik kan word.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed, kluis en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad met handstort, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n konveksie-oond en 'n mikrogolf. Die eetarea het 'n etenstafel vir 6 en die sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n dubbelslaapbank. Die woonstel is regoor die hysbak in die kompleks.

Die High Tide-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar, maar 'n fooi moet vir 'n tweede voertuig betaal word. Daar is 'n wassery op die dak.

Gaste moet asb. hul eie handdoeke, toiletware en lanterns vir kragonderbrekings saambring.

Slaapplek

'n Bespreking by High Tide 802 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na High Tide 802 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R600 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 7 Okt 2019 tot 22 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za