Highlands House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Highlands House bied gemaklike verblyf en egte plattelandse gasvryheid in 'n gastehuis wat in 'n rustige, skaduryke tuin geleë is. Die perseel is stapafstand (300 m) vanaf die prentjiemooi dorpie, Clarens.

Die verblyf bestaan uit 2 dubbelkamers met en suite-badkamers. Fraser's Loft is 'n dubbelkamer met 'n sondek wat toegerus is vir selfsorg. Die kamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n handstort, elektriese komberse, lugversorging met 'n verhittingsfunksie, en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, broodrooster, ketel, yskas, breekware en eetgerei, kook- en braai-toebehore. Gaste kan van die braaigeriewe op die dek gebruik maak en die eenheid het 'n privaat ingang via 'n enkele stel trappe. Daar is ook 'n TV.

Die dubbelkamer in Highlands House het 'n balkon. Dit is smaakvol versier en het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort. Die kamer het elektriese komberse, lugversorging met 'n verhittingsfunksie, 'n yskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, breekware en eetgerei. Die kamer het 'n privaat balkon met 'n uitsig oor die tuin en 'n privaat ingang via 'n spiraaltrap. Daar is DStv vir gaste se kykgenot. Al ons gaste het toegang tot veilige parkeerplek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Highlands House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za