Highrocks Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Highrocks Beach House is 'n lieflike strandhuis bo-aan Widenham Point in Umkomaas met 'n uitsig oor die see. Die strandhuis is 45 minute se ry vanaf Durban, ver genoeg om die stadsgedruis te ontvlug.

Die huis is 'n ware toevlugsoord met smaakvolle en suite-slaapkamers, ruim buite-areas en 'n luukse kombuis met Caesarstone-blaaie. Daar is 5 slaapkamers waarvan 3 en suite-badkamers is en see-uitsigte het. Elke slaapkamer het lugversorging. Die eerste en tweede slaapkamer het koninggrootte-beddens, die derde en vierde het koningingrootte-beddens en die vyfde kamer het 2 driekwart- en 2 enkelbeddens. Die huis bied slaapplek aan altesaam 12 gaste.

Die oopplan-kombuis en -leefarea lei na 'n onderdakdek met 2 hangmatte. Daar is ook 'n diep, sonverhitte plonspoel in die dek met U-vormige sitplek sodat gaste heerlik daarin kan ontspan. Verder het die dek 'n etenstafel vir 10 en oorgenoeg sitplek vir gaste om gesellig rondom die ingeboude houtskoolbraai te verkeer terwyl hulle die see-uitsig geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Highrocks Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Highrocks Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 300 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za