Highveld Splendour Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Highveld Splendour Boutique Hotel sal gaste tuis laat voel met vriendelike en persoonlike diens. Die luisterryke tuin bied groot bome en pragtige uitsigte oor die sebras en springbokke wat in die velde wei. Hier kan jy nie anders as om te ontspan nie!

Elke kamer is ruim en gemaklik ingerig met 'n ekstra groot koninggrootte-bed, gansveer-duvet en kussings. Die hotel het 6 luukse, volledig toegeruste oopplan-kamers met en suite-badkamers wat elk ingerig is met 'n bad en stort. Elkeen van die kamers het hul eie privaat stoep, DStv, yskassie, lessenaar, haardroër en kluis. Die hotel het ook 1 executive-, gesin- en wittebrood-suite wat bestaan uit 1 koninggrootte-bed, 'n klein leefarea, aparte badkamer, volledige DStv en al die ander nodige luukse. Elke kamer het ook ondervloerse verhitting en dubbelpaneelvensters om die hitte binne te hou.

Fiksheidsvrate sal bly wees om te verneem dat ons 'n volledig toegeruste gimnasium het, met 'n sauna en stoomkamer wat jou sal help ontspan. As jy 'n afspraak maak kan jy ook 'n ontspannende massering in die gemak van jou eie kamer geniet, met 'n pragtige uitsig oor die Hoëveld.

The Highveld Splendour Boutique Hotel is net 'n klipgooi van Ermelo se middedorp af, wat dit die ideale bestemming maak vir diegene wat wil wegbreek van die stadslewe en net bietjie rus en vrede in luukse wil geniet. Die hotel bied interessante en heerlike aandetes met 'n groot verskeidenheid wyne, en elke oggend word 'n lieflike ontbyt bedien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Highveld Splendour Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 810 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za