Hill House II - Unit 410

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hill House II - Unit 410 is 'n selfsorg-duplekswoonstel in die hartjie van De Waterkant en naby verskeie restaurante, winkels, Cape Quarter, die V&A Waterfront en die middestad.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers bo en 'n oopplan-kombuis en -leefarea onder. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en bied toegang tot 'n binnehof met patio-meubels. In die tweede slaapkamer is daar 'n dubbelbed.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n gaste-toilet op hierdie verdieping.

Die leefarea bied toegang tot 'n privaat balkon met 'n lieflike uitsig op die berge. Die gebou het uitstekende sekuriteit en veilige parkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Hill House II - Unit 410 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hill House II - Unit 410 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za