Hillanddale

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hillanddale House is ’n selfsorgplaashuis op ’n rustige plaas sowat 17 km van Belfast af en 24 km vanaf Dullstroom.

Die huis bied ’n lieflike uitsig oor die foreldam van 3 hektaar en is slegs 200 m van die huis af. Die huis het 4 slaapkamers met en suite-badkamers en 3 van die kamers het ’n houtkaggel. Die hoofslaapkamer, tweede en derde kamer het elk ’n koningingrootte-bed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamers het ’n stort, bad of albei, asook ’n wasbak en toilet.

Die kombuis is goed toegerus met ’n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas en ander toebehore. Daar is ook ’n aparte opwasarea. Die ruim oopplan-leefarea het ’n etenstafel met sitplek vir 10 en die sitarea langsaan het ’n kaggel wat ook as ’n braai gebruik kan word. Hout word voorsien.

Daar is ’n TV met DStv. Die plaas is in ’n ongerepte vleiland - ’n voëlparadys. Perdry kan vooraf gereël word en gaste kan die fietsrypaaie verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Hillanddale sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hillanddale gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 360 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za