Hillbilly Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hillbilly Farm is 'n produserende plaas wat deur majestueuse berge, vrugbare grond en asemrowende landskappe omring word. Die plaas bied rustieke verblyfopsies, sowat 7 km vanaf Wolseley, 9 km vanaf Ceres en 22 km vanaf Tulbagh.

Die plaas is ideaal vir diegene wat lief is vir die buitelewe en vir diere. Daar is heelwat honde en verskeie plaasdiere, soos beeste, ganse, eende en hoenders op die perseel waarmee gaste soms kan kennis maak.

Hillbilly Farm bied verblyf in 3 kamers: The Roost, The Bunker en The Cow Shed. The roost is ideaal vir paartjies vir kinders en The Bunker het slaapplek vir 6 gaste op stapelbeddens. Die meer afgesonderde Cowshed bied slaapplek aan 4 gaste.

Selfsorggeriewe is by die Galley beskikbaar en sluit 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof in. Daar is ook 'n lapa en die Redneck Deck is 'n lieflike onthaalarea. Verskeie nie-bederfbare produkte is beskikbaar.

Die gemeenskaplike ablusiegeriewe is buite en beskik oor spoeltoilette en gasverhitte storte.

Daar is 'n lieflike plaasstal op ons plaas wat hout, braaivleis en ander vleis, pekel en konfyte, lekkers en lekkernye, asook verskeie vars produkte in seisoentyd verkoop.

Die plaas is sowat 140 km vanaf Kaapstad se middestad en daar is verskeie skilderagtige roetes wat na die plaas lei.

Dis ’n ongekunstelde stukkie paradys wat perfek is vir avonturiers en natuurliefhebbers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hillbilly Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za