LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Hillside Cottage | LekkeSlaap
+37

Hillside Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 120 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Hillside Cottage is in 'n doodloopstraat in die Swartland-woonbuurt van Clarens geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n bekoorlike dubbelverdiepingkothuis. Die Swartland-woonbuurt van Clarens is naby die dorpsplein, spog met groot eiendomme, panoramiese uitsigte en is omring met pragtige berge.

Die kothuis bied slaapplek vir tot 8 gaste en daar is ook 'n beskutte patio met buitemeubels en braaigeriewe. Die dubbelstoepdeure bied toegang tot die gerieflike sitkamer met 'n kaggel en 'n TV met 'n Compact DStv-pakket. Die sitkamer bied toegang tot 'n groot eetkamer en 'n oopplan-kombuis. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, 'n stoof en oond, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster.

Agter die kombuis, op die onderste vloer, is daar 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en stort. Daar is 'n klein stel trappe wat jou na die boonste vloer van die huis neem waar die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed aangetref word. Verder is daar ook 'n derde slaapkamer met 4 enkelbeddens. Buiten die slaapkamers is daar ook 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n bad op die boonste verdieping. Alle linne en handdoeke word voorsien en elke bed het 'n ekstra kombers en elektriese kombers as die winteraande te koud raak.

Daar is onderdakparkeerplek van die straat af vir 2 voertuie beskikbaar en kinders kan al te lekker in die groot, omheinde terrastuin voor die huis speel en baljaar. Hillside Cottage is ideaal geleë vir gaste wat rustig in en om Clarens, na die dorpsplein, of na een van die staproetes om die dorp wil gaan wandel. Baie van die staproetes begin naby die kothuis. Hillside Cottage is die ideale wegbreek vir diegene wat op soek is na 'n plek waar hulle lekker kan rus en ontspan.

Slaapplek

’n Bespreking by Hillside Cottage sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 46 resensies vir Hillside Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Swartstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Hillside Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 120
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 120
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAz5H8wfqdGmORArWwCTqf1w1QJEjGBqTiMxnaeLnivikLA8qRBp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 120  per nag (vir 8 persone) 46 5 1 5 Swart Street Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -28.508171996021 28.418935815494
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!