Hillside Loft Apartment and Hillside Suite

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hillside Loft Apartment and Hillside Suite bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n 2 tweeslaapkamerwoonstelle in 'n privaat huis op Gowrie Plaas. Daar is 'n pragtige uitsig oor die plaas en Nottingham Road se gholfbaan.

Hillside Loft - Dié solderwoonstel het 'n privaat ingang, 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die 2 slaapkamers word deur die kombuis en leefarea geskei. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die 1 slaapkamer bied 'n uitsig oor die landgoed en die gholfbaan in die suide en die ander slaapkamer bied 'n uitsig oor die graslande. Elke en suite-badkamer het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskassie, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n eettafel met stoele en die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n smeulstofie.

Hillside Suite - Die oopplan-suite het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n klein kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, stoof en 'n ketel en broodrooster. Die suite het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Gaste het toegang tot oorgenoeg parkeerplek en daar is baie ruimte vir fietsry en stap. Die ligging bied toegang tot trou-venues in die Natalse Middellande, skole, Midlands Meander-besienswaardighede en restaurante en koffiewinkels in die area.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hillside Loft Apartment And Hillside Suite gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za