Hermanus Akkommodasie by Hillside Views | LekkeSlaap
+31

Hillside Views

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hillside Village 4, Fernkloofrylaan , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 930 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Hillside Views is 'n selfsorgvilla in die Hillside Village-kompleks in Hermanus. Dit is naby die Fernkloof-landgoed en op die grens van die Fernkloof Natuurreservaat met al sy voetslaanroetes. Die Hermanus Gholfklub is naby en dus die perfekte plek vir gholfspelers.

Dié huis het lugversorging en slaapplek vir 10 gaste. Daar is 5 slaapkamers, 4 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het. Twee van die ander kamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die vyfde kamer het 'n koningingrootte-bed.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n toonbank met stoele. Die waskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 10 en daar is gemaklike banke en 'n platskerm-TV teen die muur in die sitkamer. Gratis WiFi is beskikbaar. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n groot kuierarea met ingeboude braaigeriewe en sitplek buite. Die swembad het 'n heining om en word met sonkrag verhit. Daar is ook 'n privaat Jacuzzi. Die buite-area is naby Hermanus Gholfklub se sesde putjie. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar en die kompleks het 24 uur-sekuriteit.

Slaapplek

’n Bespreking by Hillside Views sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Hillside Village 4, Fernkloofrylaan , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 930
per nag (plek vir 10)
Vanaf R4 930
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hillside Village 4, Fernkloofrylaan , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA49a1aacb44b5e327b74ac1a0853b25b0f557594d2f65609f5e6a6f8fadb0609e7ff72e7bba4e65b17d6b68549a8730ba1c4b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 930  per nag (plek vir 10) 4 Hillside Village Fernkloof Drive 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-17:00 11:00 -34.402735638535 19.258062563819
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za