Hilltop Views Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hilltop Views Holiday Home bied selfsorgverblyf en is op 'n heuwel in Scarborough, Kaapstad. Die eiendom spog met fantastiese uitsigte oor die see en omgewing, en is ongeveer 56,2 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Dié ruim dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed. Op die boonste verdieping deel twee kamers die eerste badkamer wat 'n stort het. Die derde en vierde kamer op die onderste verdieping deel die tweede badkamer wat 'n stort-oor-bad het. Die boonste en onderste areas kan geskei word weens die trappe wat die areas verbind.

Die ruim oopplan-leefarea het 'n eetarea en 'n goed-toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en ander toebehore. Die leefarea lei na die dek wat 'n lieflike uitsig bied. Die onderste verdieping het ook 'n oopplan-sitkamer, kombuisie met basiese toebehore, en lei na nog 'n dek.

Verder het die huis 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, 2 buitestorte, DStv, 'n kaggel, en veilige skadu-parkeerplek op die perseel.

Die eiendom is slegs 850 m van die strand en restaurante af, en 'n entjie se ry van ander besienswaardighede aan die Kaapse Skiereiland af.

Slaapplek

'n Bespreking by Hilltop Views Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hilltop Views Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za