Hilton Haven

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 23 Sep 2019 tot 13 Des 2019.

Beskrywing

Hilton Haven is in die rustige dorpie Hilton geleë. Dit is net 12 km van Pietermaritzburg af, net langs die N3-snelweg. Dit is ook na aan verskeie winkelsentrums en restaurante in die omgewing.

Verblyf word aangebied in 3 pragtige eenhede wat elk heeltemal rolstoelvriendelik is. Elke kamer is ruim, smaakvol versier en gerieflik gemeubileer en elkeen het 'n en suite-stort en toiletgeriewe met 'n gas-geiser om te verseker dat die water altyd warm bly. Elke kamer beskik ook oor DStv, gratis WiFi, 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, elektriese komberse en 'n gemaklike bed om 'n goeie nagrus te verseker.

Ons het 'n lieflike en tradisionele grasdak-sitkamer en -eetkamer vir gaste, waar ontbyt bedien word. Die watertand-ontbyt bestaan uit roereiers, spek, gebraaide tamatie, roosterbrood, ontbytgraan, jogurt, konfyte, vars seisoenale vrugte, vrugtesap en filterkoffie. Ontbyt word soggens tussen 07:00 en 09:00 bedien. 'n Ontbytpakkie kan bestel word vir gaste wat vroeg wil ry.

Buite is daar 'n verskeidenheid sitplekke in die tuin waar gaste kan ontspan en die verskeidenheid voëls kan gadeslaan. Die perseel het elektroniese toegang en veilige parkeerplek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hilton Haven gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R800 per nag (vir 2 mense)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 23 Sep 2019 tot 13 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za