- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cedara-weg 37, Hilton, Pietermaritzburg, 3245, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Hilton Safari Lodge is 'n 4-ster-gegradeerde instansie. Ons luukse grasdak-B&B het 4 slaapkamers en is op 'n groot perseel met pragtige tuine geleë. Dit is in die hartjie van die dorp en 'n gemaklike stapafstand vanaf die Quarry Winkelsentrum en 'n versameling restaurante geleë. St Annes, Cowan House en Hilton College is almal privaatskole in die omgewing en is almal etlike minute van die lodge af.
Al ons kamers is verskillend. Elke kamer is ruim met 'n Afrika-tema en 'n en suite-badkamer. Ons het ook veilige parkeerplek van die straat af beskikbaar. Al die kamers het teeskinkborde, yskassies met vars melk en gaskoeldrank, mikrogolfoonde, strykplanke en -ysters, TVs met sekere DStv-kanale, haardroërs en verwarmers/waaiers. Wasgeriewe is beskikbaar op versoek deur die week, maar nie oor naweke nie.
Ons heerlike ontbyt word bedien vir doutrappers teen 06:30 en is of 'n Kontinentale ontbyt of 'n volledige ontbyt. As jy 'n wegneemontbyt benodig sal ons dit al te graag vir jou voorberei.
Die lodge is ongeveer 10 km van Pietermaritzburg af en vorm die beginpunt van die Midlands Meander. Die Victoria Country Club, Skabula en Howick Gholf Clubs is alles net 'n paar minute van ons af en kunsvlieghengel-uitstappies kan gereël word indien dit lank voor die tyd bespreek is.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Cedara-weg 37, Hilton, Pietermaritzburg, 3245, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hilton Safari Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hilton Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cedara-weg 37, Hilton, Pietermaritzburg, 3245, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom