Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hippoholiday

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 1812, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 R510 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hippoholiday is in Marlothpark geleë en is die ideale verblyf vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike bos-wegbreek naby verskeie wildreservate en ander besienswaardighede.

Daar is verblyf in 3 selfsorg-eenhede, wat elk met hul eie swembad en braai-area spog. Al die eenhede maak van koopkrag gebruik. Die eienaar sal die eerste R200 elektrisiteit met aankoms voorsien. Gaste kan, indien nodig, ekstra krag aanlyn, by sommige winkels of deur hul bank-app koop. Gratis WiFi is by al die eenhede beskikbaar.

Die Hippoholiday House bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar i s'n enkelbed in die voorportaal. Die badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die oopplan-leefarea het 'n slim-TV. Die kombuis is met 2 yskaste, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus, en daar is 'n lapa, swembad en 'n boma. Daar is ook 'n buitestort, toilet en wasbak.

Slegs 1 voertuig word op die parkeerterrein toegelaat.

Die eerste Hippoholiday-woonstel het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers wat elk lugversorging het. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n sitarea met 'n slim-TV en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n wasmasjien. Daar is 'n ekstra enkelbed in die leefarea. Gaste is self verantwoordelik vir die koopkrag, en 'n swembad en braai is ook beskikbaar.

Slegs 1 voertuig word op die parkeerterrein toegelaat.

Die tweede Hippoholiday-woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met lugversorging en 1 badkamer. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, insluitend 'n wasmasjien en 'n yskas-vrieskas, en die sitarea het 'n slim-TV met 2 gemaklike stoele. Die stoep het 'n tafel en stoele, en daar is ook 'n swembad en 'n braai.

Slegs 1 voertuig word op die parkeerterrein toegelaat.

Hippoholiday is stapafstand van die heining van die Krugerwildtuin.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 39 resensies vir Hippoholiday
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Jaar gelys 7

Ligging

  • Seekoei 1812, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Hippoholiday het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
R600 R510
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
R600 R510
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 1812, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA89f00b0de1c680d1054489fd2e1559f62f5945cd5ecb9748775b0f67781db214d1d017b56959f9919f953b9c0aae7cd6fabe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R600 nouVanaf R510 per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 Seekoei 1812 Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.33643 31.77883
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem