Hobbits Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hobbits Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n betowerende eko-kothuis in Witrivier. Die kothuis is deel van 'n groter plaasgebou op 'n 8 hektaar perseel wat bestaan uit natuurlike bosveld. Die perseel front noord met 'n uitsig oor die vallei in die rigting van Uplands voorbereidingskool en die welbekende Witrivier landmerk van Legogote.

Die kothuis is gebou as deel van 'n eko-huisontwerp projek en het pryse gewen vir die groen-ontwerp en strukturele eienskappe. Die buitemure is vasgestampte grond in 'n aantreklike sandsteen tint. Die mure is handgemaak deur 'n mengsel van natuurlike grond van die plaaslike omgewing en 'n klein hoeveelheid kalk om die mengsel te bind.

Die kothuis is nie gekoppel aan die kragnetwerk nie en het sonpanele. Daar is ook 'n boorgat wat water voorsien vir alle behoeftes en kan as drinkwater ook gebruik word. die kothuis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en eetkamer, asook 'n klein sitkamer met 'n TV en 'n DVD-versameling. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en 'n ontbyttoonbank. Daar is draagbare braaigeriewe. Let asb. dat daar geen DStv is nie, maar wel WiFi. Die meubels is gemaklik en die atmosfeer is knus en uitnodigend.

Daar is 'n slaapkamer en 'n badkamer op die onderste vloer en 'n hout stel trappe wat na die boonste vertrek lei met nog 2 slaapkamers, toilet en 'n en suite-badkamer. Let asb. dat die trappe steil is en dalk nie geskik is vir bejaardes of gaste met gestremdhede nie. Twee van die slaapkamers beskik elk oor 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is genoeg pakplek in die kaste.

Die beligting regdeur die kothuis verbruik min energie en daar is uitgebreide beligting buite die kothuis, waarvan sekere ligte deur beweging aangeskakel word en die huis het ook laserstraal-sekuriteit en 'n alarmstelsel wat gekoppel is aan 'n gewapende reaksie sekuriteitsmaatskappy. Die kothuis is omgewingsvriendelik en gevolglik is daar nie baddens nie, maar slegs storte. Daar is ook nie 'n swembad nie.

Die hele perseel is 'n voëlkykentoesias se paradys en daar kan gereeld kleinwild gesien word. Tarentale kan gereeld in die vroeë oggendure gehoor word. Die perseel is 61,9 km vanaf die Krugerwildtuin se Phabeni-hek, 84,5 km vanaf God's Window en 138 km vanaf die Blyderivier-canyon. Die plaaslike lughawe is Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe wat 16, 7 km vanaf die perseel is.

Slaapplek

'n Bespreking by Hobbits Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hobbits Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za