Holhoed Overnight Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die vierde generasie Nels verwelkom jou met ope arms én harte by Holhoed Overnight Accommodation! Adriaan en Michelle Nel, jou gasheer en gasvrou deel hierdie luisterryke stukkie Karoo met hul kinders, Neels en Madré, en verwelkom gaste van regoor die land en selfs van oorsee af. Dit is dié plek om te besoek as jy smag na rus en vrede en jou kop wil skoon kry.

Dié selfsorgkothuis het 2 slaapkamers en is 50 m van die hoofhuis af. Die kothuis het 'n volledig toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas, vrieskas en stoof. Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is nog 2 enkelbeddens in die sit/eetkamer. Die badkamer is toegerus met 'n stort en 'n toilet. Daar is ook 'n ekstra badkamer buite met 'n stort en toilet. Braaiplek buite. Let asseblief op dat daar geen TV of selfoonontvangs in die kothuis is nie.

Ons nooi jou uit om die absolute skoonheid van ons plaas en lewensstyl te beleef. Ons boer met Dorperskape en lusern, en ons plaas is sowat 54 km noord van Sutherland af op die Calvinia-pad langs die Visrivier. Geniet die heerlike vrugte op ons plaas! Perskes, kwepers, pere, neute, granate, druiwe, appels en turksvye!

Slaapplek

'n Bespreking by Holhoed Overnight Accommodation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Holhoed Overnight Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za