Holiday House in Kleinmond

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié gesinsvakansiehuis is in Kleinmond geleë, 'n dorpie wat bekend is vir sy eie waterfront met verskeie restaurante, koffiewinkels en avontuursport-doendinge, soos haaihokduik en walviskyk. Die huis is minder as 250 m van die strand af. Dit is 'n manjifieke selfsorghuis in 'n uitstekende toestand en goed ingerig vir 'n gesinsvakansie vir 8 gaste.

Alhoewel die huis 1 straat van die kus af is, bied dit lieflike uitsigte oor die omgewing. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping, het 'n en suite-badkamer en 'n verlengde uitsig oor die kus. Tydens walvisseisoen (Augustus tot Oktober) bied dié kamer ook ongelooflike uitsigte.

Dié dubbelverdiepinghuis het 'n hoofslaapkamer met antieke meubels en 'n en suite-badkamer, asook 'n sitkamer en 'n kaggel op die boonste verdieping en nog 3 slaapkamers, 2 volledige badkamers en 'n aparte gaste-toilet op die onderste verdieping. Die kombuis is goed toegerus met 'n skottelgoedwasser en ander toebehore. Daar is 'n sitarea op albei verdiepings, asook 'n ruim leefarea op die onderste verdieping met 'n etenstafel met 8 stoele. Skuifdeure lei na 'n pragtige, privaat en beskutte kuierarea met ingeboude buite braaigeriewe. Daar is ook binnenshuise braaigeriewe en 'n onthaalarea op dei boonste verdieping. Daar is 'n omheinde agtertuin. Geen motorhuis is beskikbaar nie.

Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke en -toerusting saambring.

Daar is 'n TV, gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring (nie geskik vir Explora nie). Let asb. op dat daar nie 'n antenna vir plaaslike kanale is nie.

Kleinmond is 'n veilige plek en die huis is in die luukse deel van die dorpie geleë. Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel beskikbaar. Kleiner troeteldiere word toegelaat, onderhewig aan spesiale toestemming deur die eienaar.

Staproetes deur Kaapse fynbos by Harold Porter Botaniese Tuin en veilige strande is teen dié kus geleë. Doendinge sluit skilderagtige ritte, walviskyk, duik, snorkel, visvang, swem, voëlkyk, tennis, rolbal, 9 putjie-gholfbaan in Kleinmond en 'n 18 putjie-gholfbaan by die Arabella Landgoed in.

Slaapplek

'n Bespreking by Holiday House in Kleinmond sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Ekstras

  •  Kroegyskas

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Holiday House In Kleinmond gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za