Holiday House on Grysbok 35671
Beskrywing
Holiday House on Grysbok 35671 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamer-vakansiehuis in Reebok, Klein-Brakrivier. Die huis is in 'n woonbuurt, slegs 300 m van die strand af. Gaste kan 'n see-uitsig vanaf die balkon geniet.
Dié huis beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n see-uitsig. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en daar is 'n slaapbank vir 'n vyfde gas. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, en 'n oond onder die toonbank, yskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is 'n ingeboude braai in die gesinskamer sowel as 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder, -slimkaart en -afstandbeheer saambring.
Daar is buitelugmeubels op die balkon en draagbare-braaigeriewe is beskikbaar. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie strand- en badhanddoeke saambring. Parkeerplek is in die tuin beskikbaar.
Slaapplek
'n Bespreking by Holiday House on Grysbok 35671 sluit in:
1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
Kenmerke
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Badkamer
- En-suite
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Hier praat ons
- Engels
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Holiday House On Grysbok 35671 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |