Reebok Akkommodasie by Holiday House on Koedoe 35659 | LekkeSlaap
+20

Holiday House on Koedoe 35659

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koedoelaan 55, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Holiday House on Koedoe 35659 bied verblyf aan 6 gaste in 'n ruim, A raam-huis in Reebok wat 450 m vanaf die strand is.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer. Twee van die kamers en 'n gastetoilet is op die eerste verdieping en die derde slaapkamer en die badkamer is op die grond verdieping.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en lei na 'n balkon met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, mikrogolf en 'n yskas-vrieskas toegerus. Maaltye kan by die etenstafel geniet word. Daar is 'n sitarea met 'n TV en 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerde, afstandbeheer en slimkaart saambring om DStv te kyk.

Die eenheid het 'n dubbelmotorhuis met 'n ingeboude braai. Gaste kry R30 per dag vir die elektrisiteit, indien meer benodig word kan nog gekoop word. Rook in die huis is verbode en ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Reebok het 'n lieflike strand waar gaste kan rondsnuffel of swem in 'n veilige getypoel. Die dorpie is net 4 km vanaf Klein Brak se strand en strandmeer, 18 km vanaf Mosselbaai en 30 km vanaf George vir gaste wat die area wil verken.

Slaapplek

’n Bespreking by Holiday House on Koedoe 35659 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Koedoelaan 55, Reebok, 6503, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koedoelaan 55, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5MdFXArq5cus033nh0xLrn6LEiyB5DpjuVQXFoSoY35WPs6qDX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 800  per nag (plek vir 6) 55 Koedoe Avenue Reebok 6503 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.07546219656 22.1687101
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za