Holiday House on Louise Fourie 35639

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Holiday House on Louise Fourie 35639 is ’n ruim selfsorghuis vir 10 gaste slegs 200 m van die strand af in Klein-Brakrivier.

Die huis het 5 slaapkamers wat die badkamergeriewe deel. Een van die kamers is op die boonste verdieping en die vyfde kamer is apart van die huis. Die boonste kamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer. Twee van die kamers het ’n dubbelbed elk, asook en suite-badkamers. Daar is ’n kamer met 2 enkelbeddens en een met ’n stapelbed. Gaste kan gebruik maak van die buitestort wat warm water het. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met ’n elektriese stoof, 'n mikrogolf, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser. Daar is ook 'n etenstafel. Die huis maak gebruik van koopkrag en R30 per dag word voorsien. Gaste moet self verder aankoop indien hulle nodig het.

Die sitarea het 'n lekker kaggel, ’n TV met volledige DStv en dit lei na die stoep wat ’n braai-area het en oor die swembad uitkyk. Die huis het ’n braaikamer met ingeboude braai asook ’n yskas-vrieskas. Die braaikamer lei na die agterplaas en vuurput. Daar is ’n tandem-motorhuis en die huis het 'n alarmstelsel. Klein hondjies is welkom indien dit vooraf gereël word.

Klein-Brakrivier bied verskeie doendinge soos voetslaan- en fietsryroetes, voëlkyk, kanovaart, bootritte, visvang, branderplankry en nog meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Holiday House on Louise Fourie 35639 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Holiday House On Louise Fourie 35639 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za