Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Home Away From Home

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erithweg 32, H/v Erithweg en Owenweg, Mount Croix, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Home Away from Home is in die stil, sentrale Mount Croix-woonbuurt in Gqeberha (Port Elizabeth) geleë. Dis ideaal vir sakereisigers, sport-ondersteuners of vakansiegangers.

Home Away from Home se gaste-suite bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde tweeslaapkamerwoonstel op 'n residensiële eiendom waarop die eienaars ook woon. Dié eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer met 'n stort, en 'n kombuisie. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n tafel met stoele, 'n leesstoel, oorgenoeg kasruimte en 'n slim-TV. Die tweede kamer het 'n driekwartbed en 'n uittrekbed vir 'n vierde gas. Dié kamer het ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n leesstoel, 'n lessenaar en 'n slim-TV.

Die kombuisie is basies vir selfsorg toegerus met 'n mikrogolf, broodrooster, ketel, yskassie-vrieskas, eetgerei en breekware. 'n Kontinentale ontbyt en aandete is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Daar is ook onbeperkte WiFi en wasgoedgeriewe. Die woonstel se gaste het nie toegang tot die swembad op die eiendom nie. Die woonstel het sy eie privaat ingang, privaat binnehof en veilige parkeerplek.

Home Away from Home word seisoenaal beskikbaar gestel vir verblyf in die hele vyfslaapkamerhuis met slaapplek vir 10. Die huis is ideaal vir 1 of 2 gesinne. Die hoofslaapkamer is aan die een kan van huis en lei na 'n swembad. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kinders se kamer is langs die hoofslaapkamer en het 3 stapelbeddens en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n gastetoilet.

Dié kant van die huis het 'n sitarea wat na die swembad lei. Die ander vleuel van die huis word met 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -sitarea geskei van die res van die huis en het 'n koningingrootte-bed, 'n waskamer, 'n kombuisie en 'n ander slaapkamer met 'n driekwartbed en 'n enkel-uittrekbed. Die 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort. Daar is veilige parkeerplek, 'n binne- en 'n buitebraai, 'n vuurput, 'n trampolien, 'n swembad en 'n tuin. Die huis het wasgoedgeriewe en 'n skottelgoedwasser, asook 'n skoonmaker wat in die week kom skoonmaak.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Home Away From Home
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Erithweg 32, H/v Erithweg en Owenweg, Mount Croix, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink Home Away From Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erithweg 32, H/v Erithweg en Owenweg, Mount Croix, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMCeqeMm2TOx9ShYm6ZinMYU4G6ha4ZPLchmwNld33iE7RNwFkP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 32 Erith Road (Corner of Erith Road and Owen Road), Mount Croix 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 12:00-17:00 10:00 -33.952464948901 25.598627123759