Home to Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Home from Home is 'n stylvolle en verwelkomende selfsorghuis in die lowerryke voorstad Plattekloof Glen wat tussen Tafelberg en Durbanville Hills geleë is. Die huis bied maklike toegang tot die N1-hoofweg in die rigting van Kaapstad se middestad. Die Durbanville-wynroete is slegs 5 km van die huis af en die Stellenbosch-wynroete is net 25 km weg. Die naaste strand is by Milnerton wat net 7 km hiervandaan is en wat 'n lieflike uitsig van Tafelberg bied. Verder is daar 'n supermark net om die draai, die N1 Mall (net 1 km) en Century City wat net 3 km weg is.

Die huis is klein en verfrissend met slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-eetkamer en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-stort en 'n TV met DStv Classic. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die laasgenoemde kamers deel 'n gesinsbadkamer wat met 'n bad en stort ingerig is. Albei die badkamers bied verhitting vir die koel winternagte.

Die kombuis spog met graniettoonbanke en is volledig toegerus met eetgerei, breekware, potte en panne, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, broodrooster, ketel, smoothie-maker, prutpot en ander klein toebehore.

Die knus sitkamer en eetarea het lugversoring en ook 'n houtkaggel. Die sitkamer het 'n TV met DStv Compact Plus, maar Premium is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Die sitkamer lei na 'n kleiner leefarea met ingeboude braaigeriewe en 'n ingeboude kroeg met 'n HiFi-CD-speler, en dié kamer lei na 'n sonverhitte swembad en sonstoele.

Onbeperkte WiFi-toegang is in die huis beskikbaar. Hoewel die huis in 'n veilige omgewing is, is daar steeds 'n alarmstelsel. Die huis word weekliks skoongemaak. Die huis word deeglik skoongemaak en vars skoon beddegoed en handdoeke word elke Woensdag verander.

Slaapplek

'n Bespreking by Home to Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Home To Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 872 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za