Home is where the Hart is

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Home is where the Hart is bied selfsorgverblyf in die kusdorp Strand.

Verblyf word gebied in 2 aparte ateljeewoonstelle op die eienaar se perseel. Daar is ook 'n dubbelkamer met 'n en suite-badkamer wat die huis se geriewe deel. Daar woon 1 hond en 2 katte op die perseel.

Die eerste eenheid, Sea Spray, is op die grondverdieping en het slaapplek vir 3 gaste. Daar is 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toegeruste kombuis. 'n Ekstra driekwartslaapbank en 'n bababedjie is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Klein of medium-grootte honde word toegelaat mits hul nie aggressief is nie. Die eenheid is omhein. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar en die eenheid het 'n privaat ingang. Braaigeriewe is beskikbaar.

Die tweede eenheid, De'Vine Loft, het 'n dubbelbed, en suite-badkamer met 'n stort en 'n toegeruste kombuis. 'n Dubbelslaapbank is beskikbaar. Die eenheid het dus slaapplek vir 3 tot 4 gaste. Ongelukkig is die eenheid nie geskik vir kinders onder 10 jaar of gaste wat nie kan trappe klim nie, aangesien 'n spiraal trap na die woonstel en die balkon lei. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar en daar is 'n privaat ingang. Braaigeriewe en 'n parkeerarea is op die perseel beskikbaar. Gaste kan in die tuin ontspan. Hierdie eenheid laat nie troeteldiere toe nie.

Tranquillity het slaapplek vir 2 en is deel van die huis, maar het sy eie ingang vanaf die tuin. Koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolf en 'n yskas is in die kamer beskikbaar. Parkeerplek is beskikbaar in die beligte oprit. Daar is nie plek vir ekstra gaste of kinders nie.

'n TV met 'n USB-konneksie is in elke kamer beskikbaar. Gaste moet hul eie flieks bring. Let wel dat ekstra beddens vooraf bespreek moet word teen 'n ekstra koste.

Daar is 'n gerieflikheidswinkel oorkant die straat. Ander winkelsentrums is binne stapafstand. Die strand is slegs 900 m ver.

Doendinge in die area sluit swem, branderplankry, voetslaan, wynproe en visvang in. Kaapstad, Kleinmond en Hermanus is minder as 'n uur se ry weg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Home Is Where The Hart Is gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za