Home with a Sea View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Home with a Sea View is ’n gerieflike eenheid in ’n dubbelverdiepinghuis vir 6 gaste in Blythedale. Dis net 1 km vanaf die strand

Dié eenheid is op die grondverdieping en het 'n privaat ingang. Daar is slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en lugversorging. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en albei slaapkamers het 'n uitsig oor die see. Daar is 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders in die sitarea. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplankombuis is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het 'n TV met M-Net-kanale.

Daar is parkeerplek vir 2 voertuie langs die huis en die perseel is omhein. Troeteldiere is welkom indien vooraf gereël. Dele van die huis word via trappe bereik en is dalk nie geskik vir klein kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.

'n Minimum bespreking van 2 nagte word vereis.

Blythedale bied verskeie doendinge, soos visvang, swem in die see, voëlkyk, walviskyk en dolfynkyk. Home with a Sea View is ook net 15 km vanaf die Prins Grant Gholflandgoed.

Slaapplek

'n Bespreking by Home with a Sea View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Home With A Sea View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za